Lees ook: Marburg-koors in Tanzanië aangemeld
Die minister van gesondheid van Ekwatoriaal-Guinee het nog agt gevalle van die Marburg-koors bevestig. Dit bring die bevestigde aantal gevalle sedert 13 Februarie op nege te staan.
Marburg-koors word oorgedra van die vrugtevlermuis na die mens en word tussen mense deur direkte kontak met liggaamstowwe versprei. Daar is ’n 88% kans van sterfte as mens besmet word en daar is geen entstof beskikbaar nie.
Daar is sover 20 gevalle en 20 sterftes wêreldwyd aangemeld.
Bronne: IOL, Afro, Relief Web, Flipboard
Lees ook: Marburg-koors in Tanzanië aangemeld



