Marburg-koors in Tanzanië aangemeld

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Durbanse burgemeester veroordeel moord op munisipale werker

Die Tanzaniese regering het bevestig dat minstens agt gevalle van Marburg-koors in die Kagera-streek voorgekom het.

Vyf van die agt mense wat die virus gehad het, is dood sedert Donderdag toe dit die eerste keer rapporteer is. Altesaam 161 mense in die streek word ook deur die owerhede dopgehou om seker te maak die virus versprei nie.

Die voorkoms van die Marburg-virus is al in Angola, die Kongo, Kenia, Suid-Afrika, Uganda, Ekwatoriaal-Guinee en Ghana aangemeld.

Simptome van die siekte sluit in hoofpyn, die opbring van bloed en seer spiere. Die virus word deur bloed of ander liggaamstowwe oorgedra en as jy dit onderlede het, is daar ’n 88% kans om te sterf.

Bronne: News360, All Africa, ABC. net

Lees ook: EFF dreig met nog betogings as ‘vreedsame betogers’ nie vrygelaat word nie