Philip van der Merwe (12) van Rustenburg en ‘n leerling van Laerskool Vastrap is op 22 Maart 2023 oorlede. Dit het ‘n gemeenskap van familie, vriende en skool in rou gedompel.
Tanya van der Merwe, sy ma, sê hy was in JST-hospitaal in Rustenburg, Noordwes, en het op 12 Maart 2023 inflammasie gehad. Hy was allergies vir medikasie en besig om toetse te ondergaan.

Sy het foto’s van Philip wat in die hospitaal geneem is, op sosiale media gedeel.
Op 22 Maart het sy bekendgemaak dat hy oorlede is. Dit is die afgelope dae met verskeie plasings wat van hartseer spreek, opgevolg.

Laerskool Vastrap het ‘n plasing op hul Facebook-blad gemaak en verskeie skole van die omgewing het medelye uitgespreek.

Econo-Begrafnisdienste het ook hul medelye uitgespreek.

Boodskappe aan die hartseer familie stroom oral op sosiale media in vir hierdie jong seun wat duidelik geliefd was.
FiND iT spreek ook medelye uit aan familie in vriende in hierdie moeilike tyd.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



