Die Demokratiese Alliansie (DA) verwelkom die uitspraak van die konstitusionele hof om Julius Malema en die EFF se aansoek om verlof tot appèl teen ’n interdik wat AfriForum in 2017 bekom het van die hand te wys.
Hierdie interdik het Malema en die EFF verbied om mense aan te hits om private eiendom te betree en dit onwettig te okkupeer. Malema en die EFF het in Januarie 2023 by die Hooggeregshof in Pretoria om verlof tot appèl in dié saak aansoek gedoen. Die Hooggeregshof het hul aansoek van die hand gewys en die EFF was genoop om die Konstitusionele Hof met hierdie aangeleentheid te nader.
EFF-leiers moet hul koppe in skaamte laat hang, meen die DA. “Die howe het dit duidelik gemaak dat die EFF se onwettige optrede geen plek in die samelewing het nie.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



