Bles Bridges vandag 23 jaar gelede oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Bles Bridges, oftewel Lawrence John Gabriel Bridges, bekende SA-minnesanger, is vandag reeds 23 jaar gelede oorlede.

Hy het op die ouderdom van 52 in ‘n motorongeluk te Bloemhof gesterf.

Tot en met 2016 het hy oor die 3 miljoen albumverkope gehad.

Dit het hom die grootste verkoper van manlike sangers in die Afrikaanse musiekindustrie gemaak.

Wie onthou onder andere nie liedjies soos Maggie, Ruiter van die Windjie, I Am The Eagle, Your’re The Wind, nie?

Met sy afsterwe het hy sy vrou Leonie, dogter Sunette en seun Victor agtergelaat.

Leonie het die volgende op sosiale media geplaas:

Dis vandag al 23 jaar…
Jou plek is leeg,
Jou stem is stil..
Maar ons aanvaar,
Dit was God’s wil.
“Ek mis jou elke dag ‘n bietjie meer..”

Sunette het die volgende boodskap gedeel en gesê dat sy hierdie jaar so oud word soos die ouderdom waarop hy gesterf het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel