Lees ook: Duisende teken petisie wat geregtigheid vir AKA eis
AKA se lyfwag, Anwar “Dogg” Khan, het Woensdagaand ‘n onderhoud gehad met Annike Larsen van eNCA.
Khan, wat voorheen in AKA se video’s verskyn het, het vertel dat protokol op die aand van AKA se moord ignoreer is.
Hy het gesê dat hy gewoonlik nie toelaat dat iemand wat hy beskerm ompaaie vat of ander plekke besoek as wat vooraf bespreek is nie.
Khan het gesê AKA is gebel en genooi om Florida Road toe te gaan en hy het ure voor sy moord op sosiale media gedeel hy gaan by die Wish-restaurant wees en het video’s gedeel van waar hy is.
Khan het gesê hy sou dit nie toegelaat het as hy daar was nie.
Nog niemand is in hegtenis geneem vir die moorde op Kiernan “AKA” Forbes en Tebello “Tibz” Motsoane nie.
Bronne: SA People, Briefly, The Citizen
Lees ook: Nadia Nakai deel laaste boodskappe met AKA wat hy nooit kon sien nie



