Op Wêreldpoësiedag wat elke jaar op 21 Maart gevier word, wys ons ons waardering teenoor digkuns.
Die dag word elke jaar op 21 Maart gevier en het ten doel om die lees, skryf en publisering van gedigte wêreldwyd te bevorder.
Poësie is al duisende jare deel van die menslike kultuur, en dit inspireer en raak mense daagliks.
Neem vandag ‘n oomblik om die skoonheid van poësie op Wêreldpoësiedag te waardeer en probeer dalk selfs om self ‘n gedig te skryf!
Uit Adam Tas se reën:
Mag die saad wat jy met jou mond plant tot by God se ore raak
En weergalm teen die hemel se plafon
Dat die vonkel in jou oë jou lei na ‘n karnaval waar liggies skyn
En al die happiness jou daar verstom
Laat jou dagbreek sonder kommer kom geel soos God se sonneblom
En die sonlig sagkens op jou skouers rus
Miskien is ek die laaste een wat God mag vra om jou te seën
Maar die woorde is ‘n bloeds belydenis
Ané Kotzé van Kaalwoorde se #OnsSalSelf-gedig:

Indien jy jou gedig vandag op FiND iT gepubliseer wil hê, stuur ‘n e-pos aan [email protected].
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



