Ontvoerde biokinetikus van Gqeberha steeds nie vry

Deel hierdie storie / Share this story

Die biokinetikus van Gqeberha wat verlede week ontvoer is, is steeds nie vrygelaat nie.

‘n Losprys van R2 miljoen is geëis vir die vrylating van Riana Pretorius (26) nadat sy op 16 Maart in Newton Park, Gqeberha, ontvoer is.

‘n Bidbyeenkoms vir die ontvoerde biokinetikus is Sondagaand gehou.

Boodskappe hieroor is vroeër die naweek aangestuur, na die nuus van haar ontvoering en ‘n losprys van R2 miljoen, soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei het.

Geen nuwe verwikkelinge in die saak is bekend nie.

FiND iT het by die Valke navraag gedoen, maar wag nog vir terugvoer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel