Julia volgens gesigsherkenningsanalise ‘waarskynlik nie’ Maddie McCann

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: VIDEO: Man skree glo heelnag om hulp, 17 uur later dood aangetref

Die Poolse vrou wat oornag ‘n internetsensasie geword het nadat sy beweer het sy is die ontvoerde Madeleine McCann, is waarskynlik volgens ‘n gesigsherkenningsanalise nie die meisie wat as vierjarige in 2007 in Portugal ontvoer is nie.

Julia Faustyna, ook in verskeie berigte as Julia Wendell of Julia Wandelt bekend, se gesig stem glo nie ooreen met die gesig van die ontvoerde Madeleine nie, berig New York Post.

Kort na die 21-jarige Julia beweer het sy kan dalk Madeleine kan wees, het ‘n Switserse kunsmatige intelligensie-maatskappy Ava-X die foto’s met mekaar vergelyk, berig die Switserse koerant Blick.

“Dis prakties onmoontlik vir die jong Poolse vrou om Maddie te wees,” het Ava-X se medestigter Christian Fehrlin gesê.

Fehrlin sê terwyl foto’s van Julia as ‘n kind en foto’s van haar as ‘n volwassene ooreengestem het, het foto’s van Madeleine en Julia nie ooreengestem nie.

Lees meer hier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel