Net na 21:00 Sondagaand het Emer-G-Med-paramedici reageer op die toneel van ‘n skietvoorval in Bluffweg in die Bluff-woonbuurt in KwaZulu-Natal.
Inligting van die toneel dui daarop dat ‘n man verskeie steekwonde in ‘n beweerde kapingsvoorval opgedoen het.
Daar is vasgestel dat een man, wat vermoedelik een van die verdagtes is, noodlottige beserings opgedoen het, en met paramedici se aankoms dood verklaar is.
Die omstandighede rakende die voorval is onduidelik en sal deur die polisie ondersoek word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



