Sekuriteitswag se arm gebreek toe betogers hom met bakstene gooi

Deel hierdie storie / Share this story

Emer-G-Med-paramedici het Sondagaand omstreeks 20:00 saam met Netcare911 reageer op ‘n oproep oor ‘n voorval wat op die N2 M1 in Durban plaasgevind het.

By aankoms op die toneel is gevind dat ‘n manlike sekuriteitsbeampte ‘n gebreekte arm opgedoen het toe bakstene deur betogers in die Linkweg-omgewing na sy patrollievoertuig gegooi is.

Hy is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere sorg.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel