Facebook-verkragter dalk nooit regtig dood in brand in tronksel

Deel hierdie storie / Share this story

Thabo Bester, ook bekend as die Facebook-verkragter wat tot lewenslange tronkstraf gevonnis is, is dalk nie dood soos in Mei verlede jaar bekendgemaak is nie.

Die departement van korrektiewe dienste het in 2022 bekendgemaak dat Bester se liggaam in ‘n tronksel gevind is nadat ‘n brand uitgebreek het.

Die nuuswebblad Groundup het egter nuwe skokonthullings gemaak, soos dat die persoon wie se liggaam gevind is, korter was as Bester en ook nie biologies aan Bester se ma verwant is nie.

Oudregter Edwin Cameron het in ‘n verklaring aan Rapport as reaksie op die onthullings gesê hy is diep bekommerd oor die saak, berig Netwerk24.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel