Scorp Security, die gemeenskapspolisiëringsforum, Afriforum, ProGuard, die National Crime Association (NCA), die polisie en die Suid-Afrikaanse weermag (SANDF) het regdeur die nag die situasie aangaande die dreigende onluste in Kimberley gemonitor.
Dodds Pringle, bestuurder van Scorp Security, sê daar is drie spanne wat regdeur die nag gewerk het. “Ons het nounet afgestaan. Die polisie en die SANDF het oorgeneem. Dis nou stil en rustig. Die enigste probleemarea was Greenpoint, waar die pad toegemaak word.”
In Longstraat het Scorp Security en Proguard vure geblus van buitebande wat vanoggend gebrand is.

Altesaam 17 voertuie en 46 lede het aan die operasie deelgeneem.
As jy Scorp Security wil kontak, of by dié buurtwag wil aansluit, kontak 082 373 1235.







