Nicole glo ontvoer, haar ma is desperaat om haar te vind

Deel hierdie storie / Share this story

Nicole Swartz (25) van Glenvandale, Oos-Kaap, is nie vermis nie, maar glo ontvoer, sê haar ma Katie vir FiND iT.

Sy is op 8 November 2022 laas tuis tuis gesien waar sy in haar bed gelê en slaap het.

Die middag was sy nêrens te vinde nie en die deur was net op knip getrek.

Haar koffie en pap het nog daar gestaan.

Nicole was in die filmbedryf, vertel haar ma. Sy het ‘n video saam met ‘n musiekvervaardiger gemaak wat die Vrydag vrygestel sou word, maar die Woensdag was sy weg.

Katie het intussen dreigboodskappe vir geld gekry.

Sy was betrokke by dieselfde vervaardiger in die filmbedryf as Almonré Roman (18) van Despatch wat ook vermis geraak het.

Intussen is haar WhatsApp,-status en foto verander.

Indien enigiemand weet waar sy haar bevind, kan hulle met kol. Swanepoel die ondersoekbeampte, in kontak kom by 082 319 8712.

FiND iT het kol. Swanepoel vir kommentaar gevra.

Lees ook:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel