Man dood, vrou kritiek na hul beheer oor motorfiets verloor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is Sondagmiddag dood en ‘n vrou kritiek na die bestuurder op Rysmierbultweg, 45 km buite Ventersdorp, beheer oor hul motorfiets verloor het.

ER24 het op die toneel aangekom en Mooirivier Beskerming en ander dienste was reeds op die toneel. ‘n Man en ‘n vrou het langs die motorfiets gelê.

Paramedici het die beseerdes geassesseer. Die man het verskeie ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die vrou was in ‘n kritieke toestand en van gevorderde lewensondersteuning voorsien voordat sy na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is vir dringende sorg.

Die presiese besonderhede rakende hierdie voorval is onbekend, maar owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel