Video en foto’s in berig!
FiND iT het verskeie foto’s en video’s ontvang van inwoners wat kla oor die manier hoe daar met nette in die Strandfontein-see vis gevang word.
Die groot kommer is dat daar tonne vis uitgehaal word en dat daar nie kontrole is oor watter tipe spesies in die net beland nie.
Die vraag is of die verkeerde spesies wat in die net beland, steeds lewendig is teen die tyd wat dit in die see teruggegooi word.
Die bron sê aan FiND iT dat hulle self gesoute vissersmanne- en -vroue is, maar ‘n probleem het dat blaasoppies, pylsterte, haaie, seekatte en ‘n klomp klein ander visse in die nette beland.
“Hierdie bankvis vat jare om te groei en dan word dit uitgetrek in nette op 15/ 20 cm.”
“Hulle het gister drie keer gevang sonder ‘n inspekteur in sig.”
“Elke keer is dit ogeveer 1.5 ton se gemengde visse.”
“Wat gebeur as daar in elke dorp drie spanne vyf ton vang?”
“Waar gaan dit ons kus los?”
Hierdie sogenaamde “strandnet-vissers” het glo toestemming om harders te vang.
“As hulle net harders uithaal om kos op die tafel te sit, het ek nie ‘n probleem daarmee nie.”
Of daar permitte is om die vangste te regverdig, is nie seker nie.
FiND iT het kommentaar gevra van die departement van bosbou, visserye en omgewingsake.



Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



