EFF sê die nasionale stilstand verloop soos beplan

Deel hierdie storie / Share this story

Die EFF het Maandagoggend gesê die beplande nasionale stilstand verloop goed en soos beplan.

Aktiviste en betogers het Maandagoggend in verskeie dele van die land opgedaag en aan optogte deelgeneem.

Volgens die EFF is die persone wat Maandag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem is, weer vrygelaat.

Taxistaanplekke, inkopiesentrums en interseksies is volgens die EFF baie stiller as normaalweg, en die nasionale stilstand is dus ‘n sukses.

Lees die volledige verklaring hier:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel