Fietsryer dood, drie beseer in kop-aan-kop-botsing

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Fietsryer is oorlede en drie persone is gisteraand op die R61 naby Ramsgate, KwaZulu-Natal in ‘n kop-aan-kop-botsing beseer.

KwaZulu Private Ambulance Service was op die toneel waar twee voertuie wat in die botsing betrokke was, aangetref is. ‘n Insittende van die een voertuig het in die wrak vasgesit. Nog een was ernstig beseer en ‘n derde het geringe beserings gehad.

Paramedici saam met Ray Nionyeni se brand-en-reddingsdiens het gespesialiseerde toerusting gebruik om die vasgekeerde te bevry. Die beseerdes is op die toneel behandel alvorens hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem is.

Voordat nooddienste op die toneel aangekom het, het die fietsryer wat ook in die ongeluk betrokke was, op die toneel aan sy beserings gesterf.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel