EFF kritiseer Ramaphosa se besluit om weermaglede te ontplooi

Deel hierdie storie / Share this story

Die EFF is woedend omdat pres. Cyril Ramaphosa byna 3 500 weermaglede ontplooi het as deel van aksie teen die nasionale stilstand wat vir vandag beplan is.

Die EFF het Sondagaand in ‘n verklaring gesê dat pres. Ramaphosa 3 474 weermaglede ontplooi het.

Die EFF-woordvoerder, Sinawo Thambo, sê die regerende party wil enige opposisieparty stilmaak wanneer hulle besef dat daar teen hulle opgetree word.

“Ons, net soos enige ander Suid-Afrikaners, het die reg om te betoog.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel