Paar dood nadat hulle glo gekap en gesteek is

Deel hierdie storie / Share this story

Nie vir sensitiewe lesers nie!

‘n Malawiese paar is Saterdagaand glo gesteek en daarna doodgekap in hul huis wat hulle in Redcliffe, KwaZulu-Natal huur.

Reaction Unit South Africa is ongeveer 22:21 na die toneel uitgeroep.

Na bewering het die bure op die liggame van die paar, wat met komberse toegemaak was, afgekom.

Met aankoms op die toneel is daar aan die beamptes vertel dat daar gehoor kon word hoe die paar om hulp skree voordat hulle stil geraak het.

Inwoners het uit vrees vir hul veiligheid in hul wonings gebly.

Dit lyk asof die man met ‘n panga gekap, terwyl die ander slagoffer verskeie steekwonde gehad het.

Daar word vermoed dat die moord gepleeg is as deel van ‘n roof, maar is nie bevestig nie.

Verulam-polisie ondersoek die saak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel