Walter Bruce Willis is vandag 68 jaar gelede in 1955 in Idar-Oberstein, Wes-Duitsland gebore.
Die wêreldberoemde akteur en sanger moes weens mediese redes as gevolg van afasie uittree en is meer onlangs met FTD gediagnoseer.
Hy is veral bekend vir sy rol in die komediedramareeks Moonlighting en rolle in Die Hard en vele ander aksiefilms, altesaam meer as 100.
Die akteur was voorheen met die aktrise Demi Moore getroud. Hy is jare na hul egskeiding met ‘n veel jonger Emma Heming getroud.
Hy het vyf dogters, drie by Demi Moore en twee by Emma Heming.
Bron: Wikipedia
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



