Twee persone is ernstig beseer en een gering nadat twee voertuie gisteraand op die N2 naby Hibberdene in KwaZulu-Natal in botsings betrokke was.
KZN Private Amulance was op die toneel en het ‘n voertuig aangetref wat teen ‘n koei vasgery het.
‘n Tweede voertuig wat ‘n botsing probeer vermy het, het teen ‘n metaalreling gebots.
Die beseerdes is geasesseer. Twee was ernstig en een gering beseer. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



