Man dagvaar restaurant oor ‘boneless wings’ wat nie regte vlerkies is nie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Man wen appèl vir kontak met eks se kind

‘n Man van Chicago dagvaar ’n bekende Amerikaanse restaurant vir vals advertering en “bedrieglike sakepraktyke” met die bewering dat hulle hom mislei het om “boneless wings” te koop wat nie regte vlerkies is nie.

Aimen Halim het op 10 Maart aansoek gedoen om die restaurant, Buffalo Wild Wings, te dagvaar. In die aansoek sê hy die produkname en beskrywings is misleidend, want dit laat jou glo jy koop hoendervlerkies waarvan die been uitgehaal is, maar dis “nie regtig vlerkies nie”, dit is “stukke van die hoenderbors wat opgesny is en gaargemaak is soos die wings”.

Die restaurant het die grap op Twitter gemaak dat dit waar is dat hulle “wings” gemaak is van die hoender se wit vleis en dat daar ook geen ham is in hulle hamburgers nie. Hulle het ook gespot en gesê daar is geen buffel in hulle “buffalo wings” nie.

Bronne: IOL, Sky News, Zimbabwe Mail

Lees ook: Man wen appèl vir kontak met eks se kind