Logan Dyssel (9), van Secunda, wat op 26 Januarie 2023 sy derde opehartperasie ondergaan het, het dringend hulp nodig.
FiND iT het op 28 Desember 2022 berig oor hierdie dapper seun wat reeds twee vorige operasies ondergaan het. Hy moes die derde operasie ondergaan weens ‘n defekte hartklep.
Na die operasie het dit goed gegaan, tot vier dae gelede. Die omleiding-wond was oop en dit het ontsteek. Dit is op die sny waar sy hart is.
Logan sou Donderdag vir ‘n opvolgbesoek gaan, maar moes inderhaas weer Netcare Sunnighill-hospitaal toe gaan waar hy onmiddellik opgeneem is. Hy is op ‘n drup gesit en bloed is getrek, wat bevestig het dat hy reeds infeksie opgedoen het. Sy ouma sê aan FiND iT dat die dokter vir sy ouers gesê het dat hy nog nooit so iets gesien het nie.
Vandag moes hulle hoor dat die infeksie reeds in sy bloedstroom is en dat daar geveg moet word om te keer dat dit nie by sy nuwe hartklep uitkom nie. Logan gaan ongeveer twee weke in die hospitaal deurbring.
Na sy eerste operasie is Logan boonop doof.
Alhoewel sy familie lede van ‘n mediese fonds is, het hulle dringend finansiële hulp nodig vir brandstof, kos en verblyf om by hom te kan wees. Die familie sal beurte maak om by Logan te bly sodat daar by die ander kinders van die gesin, wat ‘n baba insluit, ook uitgekom kan word.
Enigiemand wat van hulp kan wees, kan die ouma by 060 994 0552 of Logan se ma Sammy by 071 485 3585 kontak.
Lees meer:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



