Gauteng-pastoor wie se familie wou hê hy moes uit die dood opstaan, uiteindelik begrawe

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Gauteng-pastoor se liggaam na jaar steeds in lykshuis

Die Gauteng-pastoor, Siva Moodley, is uiteindelik begrawe, 579 dae nadat hy oorlede is.

IOL het vroeër berig dat Siva Moodley se liggaam in ’n Johannesburgse lykshuis was sedert sy dood op 15 Augustus 2021. Hy is oorlede nadat hy siek geword het.

Sy familie en lede van sy kerk het gereeld by die lykshuis gebid dat hy moet terugkom uit die dood.

Die bestuurder van die lykshuis het indertyd ’n aansoek tot die Johannesburgse landdroshof gerig om toestemming te kry om Moodley te begrawe of te veras.

Volgens The Post het die kerk nie openlik Moodley se dood aangekondig of vir lede van die kerk gesê waar sy liggaam was nie. Sy sosialemediarekeninge bestaan steeds en daar word elke dag plasings gemaak wat lyk of dit van hom af kom.

Bronne: IOL, African News Agency, DFA

Lees ook: Gauteng-pastoor se liggaam na jaar steeds in lykshuis