Roofverdagte deur gemeenskap oorval en aangerand

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Seun (3) sterf nadat pa hom met grassnyer raakry

’n Roofverdagte is ernstig beseer nadat hy Donderdagoggend deur die gemeenskap in Westham, KZN oorval en geslaan is.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het omstreeks 06:46 ‘n oproep om bystand van ‘n private sekuriteitsmaatskappy ontvang nadat ‘n bloeiende man op ‘n sypaadjie in Westhamrylaan aangetref is. Volgens die inligting het ‘n nagemaakte vuurwapen langs die man gelê.

Reaksiebeamptes en Rusa-paramedici is onmiddellik na die toneel ontbied. Met hulle aankoms op die toneel kon lede vasstel dat die man ‘n ernstige kopbesering opgedoen het.

Lede van die publiek het beamptes ingelig dat die man ‘n roofverdagte is. Hy het na bewering probeer om ‘n voetganger te beroof toe hy deur die gemeenskap ontwapen, oorval en aangerand is.

Die beseerde man is op die toneel gestabiliseer voordat hy per ambulans na ‘n hospitaal vervoer is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel