KZN vrou steeds kritiek na swart mamba se pik

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Kind (5) sterf aan hondsdolheid in KwaZulu-Natal

‘n KwaZulu-Natalse vrou is in ‘n kritieke toestand nadat ‘n swart mamba haar in haar huis in Ballito gepik het.

Daar is met die vrou na ‘n Durbanse hospitaal gejaag vir behandeling ná sy Woensdag deur die adder gepik is.

‘n Slangvanger is gebel en nadat hy die slang gevang het, het hy bevestig dit was ‘n swart mamba.

Die slangvanger het gesê die slang sal ver van die huis af vrygelaat word.

Bronne: Times LIVE, Briefly, Banoyi

Lees ook: Kind (5) sterf aan hondsdolheid in KwaZulu-Natal