Liggaam van vermiste bejaarde in bosse gevind

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Ma (34) en seuntjie (3) sterf toe vragmotor hul stilstaande motor tref

Die liggaam van ‘n bejaarde man van Jericho Village naby Letlhabile is in bosse gevind.

Dit volg na die polisie op 13 Maart die gemeenskap se samewerking gevra het om die 75-jarige John Gumede op te spoor.

Die man het glo ‘n tehuis vir bejaardes, waar hy gewoon het, verlaat sonder om enigiemand in te lig van waarheen hy op pad was.

Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sê sy liggaam is in bosse gevind en dat hy aan natuurlike oorsake oorlede is.

Die saak word ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel