Bestuurder van Mercedes vlug na hy in petroljoggies vasry

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nadia Nakai deel laaste boodskappe met AKA wat hy nooit kon sien nie

Die Johannesburgse metropolisie het ‘n mannejag geloods vir die bestuurder van ‘n gesteelde Mercedes-Benz wat Maandag in twee petroljoggies vasgery het toe hy probeer vlug het sonder om vir brandstof te betaal.

Volgens die JMPD-woordvoerder het die bestuurder van die Mercedes die voertuig volgemaak met brandstof tot die waarde van R1 242. Sy kaartbetaling het nie deurgegaan nie en hy en die petroljoggies het ‘n argument gehad.

Die bestuurder het probeer vlug, maar het in die petroljoggies vasgery. Hy het te voet gevlug.

Die JMPD is gebel en daar is vasgestel die voertuig is by ‘n gholfbaanin in Benoni gesteel. Die caddy het glo die eienaar se sleutel in die hande gekry en die voertuig geneem.

Bronne: IOL, African News Agency, VN Explorer

Lees ook: Verdagtes in hegtenis vir moord op verkeersbeampte