Foto nie vir sensitiewe lesers nie.
‘n Vrou (26) is beseer nadat sy Maandagoggend van Mitreslot in Umdloti Heights, Missionlands, KwaZulu-Natal van ‘n vermeende rower probeer vlug het.
Reaction Unit South Africa sê sy het geval toe sy van ‘n rower, wat haar en haar broer probeer beroof het, weggevlug het.
Lede van Reaction Unit South Africa het ongeveer 08:56 op die toneel aangekom waar die vrou gesit en bloei het van ‘n snywond bokant haar linkerknie.
Sy het verduidelik dat sy en haar broer glo werk gaan soek het, wat onsuksesvol was. Hulle was op pad terug na hul woning in Mhlasini toe hulle deur ‘n verdagte gekonfronteer is. Hy het glo hul waardevolle besittings geëis. Sy het vir hom gesê dat hulle nie het nie en hy het glo gedreig om haar te steek.
Sy en haar broer het weggehardloop, waarna sy geval het. Sy is behandel voordat sy met ‘n ambulans na ‘n hospitaal geneem is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



