Steve Hofmeyr het erken dat die opmerkings wat hy in ’n Facebook-plasing gemaak het, aanstoot en seer veroorsaak het onder die LGBTQ+-gemeenskap. Hy het verder bevestig dat hy met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) volgende week die saak, wat voor die Gelykheidshof is, sal afhandel.



