“Suky”, Susan Centurier Harris (77) het op 13 Maart 2023 vermis geraak toe sy haar versorgingstuiste verlaat het.
Sy was geklee in ‘n blou sportbaadjie, blou leggings en Nike-tekkies.
Sy het Alzheimer se siekte en kan gedisoriënteerd en deurmekaar voorkom.
Harris word beskryf as kort en slank, met blou oë en kort grys hare. Sy weeg 50 kg.
Indien enigiemand weet waar sy haar bevind, kan hulle met sers. Rafferty of speur/AO Nomala van Kirstenhof-polisie in aanraking kom by 021 702 9126 of die Pink Ladies Organisasie by 072 214 7439 / 083 378 4882 of Stop Misdaad by 08600 10111.
VB 779/03/2023
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



