Lees ook: Rugbyspelers ná klubwedstryd glo met gebreekte bottels gesteek
Nehawu het Dinsdag al hulle lede wat noodsaaklike dienste verrig, teruggestuur na hulle werk soos Maandag se hofinterdik gelas het.
Nehawu-woordvoerder Lwazi Nkolonzi het gesê die boodskap dat die werkers moet teruggaan werk toe is Maandagaand uitgestuur. Nkolonzi het verder gesê dat hulle lede wat werk in administrasie sal voortgaan met die staking en nog meer doen om seker te maak hulle mense werk nie.
Die gesondheidsminister se woordvoerder Foster Mohale het gesê stappe sal geneem word teen noodsaaklike werkers wat nie Dinsdag by die werk opdaag nie.
Die staking het begin toe die gesondheidswerkers die aanbod vir ‘n verhoging van 4.7% van die hand gewys het. Hulle eis ‘n 10%-verhoging.
Bronne: EWN, Money Web, IOL, Sowetan LIVE
Lees ook: Rugbyspelers ná klubwedstryd glo met gebreekte bottels gesteek



