‘n Man is Maandagoggend 13 Maart 2023 ongeveer 08:25 op die hoek van Symphonyweg en Hindlepad, Delft, Wes-Kaap, in sy motor doodgeskiet. Dit het oorkant Blikkiesdorp plaasgevind.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder sê die Delft-polisie ondersoek ‘n moordsaak.
Polisielede is na die toneel waar hulle die slagoffer met skietwonde in sy gesig gevind het. Hy is op die toneel dood verklaar.
Die motief vir die aanval is nog onbekend. ‘n Onbekende verdagt (s) het van die toneel gevlug.
Enigiemand met inligting wat kan help met die ondersoek na die skietvoorval kan Stop Misdaad kontak by 08600 10111.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



