Limpopo-inwoners vang en eet glo seekoei

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vrou lewenslank tronk toe vir moord op haar man

Inwoners van dorpies buite Thohoyandou in Limpopo het glo ‘n seekoei gevang, doodgemaak en toe die vleis geëet na die dier hulle slapelose nagte gegee het.

Volgens Times LIVE was die seekoei ‘n bedreiging vir die inwoners en dit het hulle oeste geëet.

Die seekoei het glo die naweek uit een van die inwoners se groentetuine staan en eet, wat inwoners nog kwater gemaak het. Hulle het die seekoei gejag en doodgemaak, dit uit die water getrek en opgesny om die vleis te deel.

Bronne: IOL, African News Agency, Sowetan LIVE

Lees ook: Twee verdagtes dood in skietery met polisie