Pa sterf, dogter (10) kritiek na motorfietsongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Frans Kruger se 10-jarige dogter is in ‘n kritieke toestand ná ‘n ongeluk wat die naweek in Boksburg Kruger se lewe geëis het.

Volgens ER24 is Kruger dood en sy dogter beseer toe hulle op ‘n motorfiets met ‘n bakkie gebots het.

“Met ER24 se aankoms op die toneel het hulle die motorfietsryer, met geen teken van lewe nie, aangetref.”

Volgens ER24 kon niks gedoen word om sy lewe te red nie, en hy is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

FiND iT het vroeër ook hieroor berig.

Sy 10-jarige dogter is in ‘n kritieke toestand op die toneel behandel voor sy met ‘n helikopter na ‘n hospitaal geneem is vir verdere sorg.

Geen persone wat in die bakkie was, het beserings opgedoen nie.

Huldeblyke stroom op sosiale media in ná die dood van Kruger.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel