‘n Motorfietsryer is vanoggend dood en sy 10-jarige passasier kritiek beseer toe hulle in North Rand-pad, Boksburg met ‘n bakkie in ‘n botsing betrokke was.
ER24-paramedici was net voor 07:30 op die toneel. Die motorfietsryer het geen tekens van lewe getoon nie en hy is dood verklaar. ‘n 10-jarige meisie, wat ‘n passasier op die motorfiets was, het kritieke beserings opgedoen.
Gevorderde lewensondersteunende intvervensie is toegepas. Die meisie is eers op die toneel behandel voordat sy vir verdere mediese behandeling per helikopter na ‘n hospitaal geneem is.
Geen insittende van die bakkie het enige beserings opgedoen nie.
Die omstandighede wat tot die botsing gelei het, word deur die polisie ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



