Steve vra LGBTQIA+-gemeenskap om verskoning ná vroeëre uitlatings

Deel hierdie storie / Share this story

Steve Hofmeyr sê nou dat hy jammer is oor die uitlatings wat hy verlede jaar oor die LGBTQIA+-gemeenskap gemaak het en erken dat dit seer en aanstoot in die gemeenskap veroorsaak het.

Hofmeyr sê ook die klagte wat deur die Menseregtekommissie en die OUT LGBT-Well-being ingedien is, is afgehandel en dat die partye volgende week sal skik.

“Gedurende die afgelope 11 maande is baie gesê en Gelykheidshofverrigtinge het gevolg oor ‘n video wat ek op my Facebook-blad geplaas het, waarin ek onder andere ‘n beleidsbesluit van die internasionale mediamaatskappy, Walt Disney Incorporated, gekritiseer het vir laasgenoemde se besluit om seksuele identiteite aan hul rolprentkarakters toe te skryf.

Ek het ‘n opmerking gemaak oor die LGBTQ+-gemeenskap wat baie ontsteltenis in baie kringe veroorsaak het. Ek erken dat die opmerkings, wat tot die Gelykheidshofverrigtinge gelei het, skadelik was vir lede van die LGBTQ+-gemeenskap.

Ek is spyt oor die seer en aanstoot wat veroorsaak is as gevolg van die opmerkings en vra onvoorwaardelik om verskoning aan lede van die LGBTQ+-gemeenskap sowel as enige ander lid van die publiek wat aanstoot geneem het deur my kommentaar.

My prokureur het my meegedeel dat die klagte wat deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en OUT LGBT-Well-being gelê is dienooreenkomstig afgehandel is en ons skikking sal in die loop van volgende week ‘n bevel van die Gelykheidshof gemaak word.

Hofmeyr het ‘n video op sy Facebook-blad gedeel (‘n video wat intussen verwyder en met ‘n video ter verduideliking vervang is).

In die video verwys Hofmeyr na ‘n artikel in die New York Post waarin ‘n uitvoerende lid van Disney se bestuur sê dat hulle meer inklusief gaan raak met hulle inhoud.

Netwerk24 berig Hofmeyr het in die video gesê: “Disney waarsku die wêreld dat hy sy kinderkarakters gaan verander in elke seksuele LGBTQIA+-voorkeur onder die son.”

“Waar my generasie geleer het om met muise, honde en eende te praat, gaan ons kinders geleer word om met muise, honde en eende seks te hê.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel