Meisie se liggaam gevind, moontlik dié van vermiste meisie (10)

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n meisie is Sondag by Marvin Park langs die N2, Macassar, Wes-Kaap gevind.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het ‘n voorlopige verklaring uitgereik en sê misdaadtoneeldeskundiges is tans op die toneel aan die soek vir leidrade.

Die liggaam is deur ‘n soekspan wat Saterdagaand gevorm is, gekry. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer. ‘n Nadoodse ondersoek sal vasstel wat die oorsaak van die meisie se dood was.

Enigiemand met inligting wat met die ondersoek kan help, word versoek om Stop Misdaad te kontak by 08600 10111.

Die liggaam is gevind nadat ‘n jong meisie van die area as vermis aangemeld is. Denecke Persence (10) van Macassar is Saterdag as vermis aangemeld. Sy is ongeveer 14:00 vir die laaste keer in Zandvlietweg by die taxi-staanplek gewaar. Die gemeenskap se hulp is ingeroep om na haar te help soek.

Die liggaam wat vroeër vandag gevind is, is vermoedelik hare. Western Cape Missing Persons Unit NPC het aan FiND iT bevestig dat die soektog na Denecke Persence gestaak is, maar dat hulle op DNA-bevestiging wag of die liggaam wat gekry is, hare is.

‘n Plasing deur Strand CPF sector 1, 2 and 3 lees soos volg dat dit wel haar liggaam is wat gekry is.

DistrictMail & Helderberg Gazette was op die toneel.

UPDATE || Authorities on-scene where the body believed to be that of missing Denecke Persence (10) was allegedly found.

🎥: Jamey Gordon

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=579864067495927&id=100064170153649&mibextid=Nif5oz

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel