Dawn Page (43) wat Woensdag op Upington as vermis aangemeld is, is Donderdagaand op ‘n tipe eiland van bome en takke in die Oranjerivier gevind.
Haar voertuig is verlate by ‘n brug gevind nadat sy as vermis aangemeld is.
AO Neville Rich, ondersoekbeampte in die saak, sê sy is toevallig deur Corné Ludick en sy vrou wat gaan draf het, raakgesien.
“Dit was ‘n gelukskoot.”
Dit is ongeveer 2 tot 3 kilometer van waar sy in die rivier geval het, waar sy raakgesien is.
Hulle het gaan hulp soek, waarna ‘n persoon ingeswem en by haar gebly het totdat Sakkie Spannenberg (Sakkie se Arkie) ‘n boot beskikbaar gestel het om haar van die eiland te red.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



