Die ontbinde liggaam van ‘n man is Vrydagaand in sy huis in Mhlasini, KZN, ontdek.
Reaction Unit South Africa (Rusa) het ‘n oproep om hulp ontvang van bure wat die ontdekking gemaak het.
Lede het met hul aankoms op die toneel uitgevind dat inwoners weens ‘n sterk reuk by die huis gaan ondersoek instel het. Toe hulle by die huis ingaan, het hulle op die ontbinde liggaam op ‘n bed afgekom.
Inwoners kon nie bevestig wanneer laas die oorledene lewend gesien is nie.
Die polisie ondersoek die saak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



