Vrou moet weer saak maak teen speurderman na beweerde aanranding

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Niggies van Gugulethu aangekla van moord op beweerde verkragter uit op borg

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het bekendgemaak ’n Brakpan-polisiespeurder wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou aangerand het, glo reeds ’n misdaadrekord het en op borgtog vry is vir ’n vorige aanranding.

Foto’s van die vrou, waarop haar gesig geswel en bloederig is, het Donderdag op sosiale media versprei. Die vrou is glo voorheen deur haar man aangerand en hy is daarvoor in hegtenis geneem, maar is op borg vrygelaat.

Die vrou het glo die vorige saak teen haar man probeer terugtrek, maar kon nie. Na die foto’s van haar op sosiale media versprei het, het Opod haar gekontak en ingelig dat sy nog ’n saak teen haar man moet oopmaak en dan sal sy borg teruggetrek kan word.

Die speurder sal weer 27 Maart in die hof verskyn.

Bronne: IOL, VN Explorer, Scoopnest

Lees ook: Niggies van Gugulethu aangekla van moord op beweerde verkragter uit op borg