Lees ook: Moordbeskuldigde vra hof moet ‘happy birthday’ vir hom sing
Twee Gugulethu-vrouens wat in hegtenis geneem is vir die moord op ’n beweerde verkragter het in die Athlone-landdroshof verskyn en is vrygelaat op R1 000 borg vir elkeen.
Nokrisimesi Nomkebe en Luleka Welana is op 24 Februarie in hegtenis geneem vir die moord op Masonwabe Gcwabe, wat glo ’n 15-jarige meisie verkrag het. Sy is by die Khikhi- informele nedersetting op 4 Desember aangeval en is op 5 Desember by die Tygerberg-hospitaal oorlede.
Die man is glo die dag van die voorval gevang terwyl hy Nomkebe se gestremde 15-jarige dogter verkrag het. Die inwoners van die Khikhi- informele nedersetting was in die hof om hulle te ondersteun.
Die polisie is glo besig om die verkragting te ondersoek.
Die saak is uitgestel tot 7 Junie vir verdere ondersoek.
Bronne: IOL, VN Explorer, Flipboard
Lees ook: Moordbeskuldigde vra hof moet ‘happy birthday’ vir hom sing



