Moordbeskuldigde vra hof moet ‘happy birthday’ vir hom sing

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Metropolisiebeampte skiet kapers, tref een in kop

Een van die mans wat aangekla is van moord in die Rosettenville-skietery is aangespreek in die hof na hy vir mense in die Johannesburgse hooggeregshof gesê het hulle moet vir hom “Happy birthday” sing.

Andrew Thobolo het die week 68 jaar oud geword en het tydens verrigtinge vir die regter gesê hy verstaan hoekom hy nie koek kan kry nie, maar hy wil weet of die hof vir hom kan sing.

Volgens EWN het die regter hom gelukgewens en gesê hulle gaan nie vir hom sing nie.

 Die verdagtes was in die hof om vas te stel of Legal Aid die vier verdagtes kan verteenwoordig.

In Februarie 2022 het IOL berig dat daar ’n skietery was in Rosettenville en dat die verdagtes van KwaZulu-Natal, Zimbabwe en Botswana was. Hulle was glo op pad om ’n CIT-voertuig te beroof toe die polisie hulle gekry het.

 Die verdagtes word aangekla van moord, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en sameswering om roof met verswarende omstandighede te pleeg.

Die hofsaak sal in April begin.

Bronne: IOL, EWN, VN Explorer

Lees ook: Metropolisiebeampte skiet kapers, tref een in kop