Metropolisiebeampte skiet kapers, tref een in kop

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: 14 is te jonk om te besluit om jou geslag te verander – JK Rowling

’n Durbanse lid van die metropolisie het Woensdag ’n kaping onderbreek en een van die kapers in die kop getref toe hy op hulle geskiet het.

Volgens die metropolisiewoordvoerder het die beampte agter die slagoffer se kar gery toe hy sien hoe vier mans haar by die kar probeer uittrek. Hy het drie skote op die verdagtes afgevuur en een in die kop getref. Die ander drie verdagtes het gevlug. Die gewonde verdagte is in die hospitaal.

Daar was geen ander beserings of skade aan die voertuig nie.

Bronne: IOL, The Citizen, Flipboard

Lees ook: Saak van mans wat glo Nick Frischke beroof het, uitgestel