Lees ook: Werkers van elektrisiteitkontrakteur vermoor in Germiston
Volgens TshisaLIVE het Somizi, Idols SA-beoordelaar, sy egskeidingsaak teen Mohale teruggetrek en ingestem om Mohale se regskoste te betaal.
Dit ná Somizi se regsverteenwoordigers gesê het Somizi en Mohale was nooit regtig getroud nie omdat hulle nie alles gedoen het wat hulle moes nie.
Dus was hulle nooit in die oë van die reg getroud nie en moet Somizi nou betaal vir Mohale se regskoste omdat hy die een was wat die egskeidingsaak begin het.
Somizi het die egskeiding begin ten tyde van Mohale se beskuldigings dat hy hom mishandel, iets wat Somizi steeds ontken.
Bronne: Times LIVE, Jacaranda FM, Briefly
Lees ook: Werkers van elektrisiteitkontrakteur vermoor in Germiston



