Oudste vrou ter wêreld op 128 in Noordwes oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Johanna Mazibuko, wat ‘n ongelooflike 128 jaar oud was, is op 3 Maart 2023 by haar huis op Jouberton in Klerksdorp, Noordwes, oorlede.

Sy word beskou as die oudste vrou ter wêreld. Haar identiteitsdokument wys dat sy op 11 Mei 1894 gebore is.

Raadslid James Tsolela, die burgemeester van die Stad van Matlosana, het haar afsterwe bevestig. Sy sal Saterdag 11 Maart begrawe word.

North West Times berig dat sy moontlik aan ‘n beroerte oorlede is.

Mazibuko het op ‘n mielieplaas in Noordwes grootgeword. Sy het sewe kinders die wêreld ingebring.

Punch Newspapers sê Thandiwe Wesinyana, haar oppasser en skoondogter aan News24 gesê het dat Johanna op 14 Februarie vir beroerte in die hospitaal behandel is, sy is op 28 Februarie ontslaan en het drie dae later gesterf.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel