Lees ook: Durban-paar dood in bed gevind na aangrensende woonstel berook word
Daar is nog niemand in hegtenis geneem vir die dood van ’n Musgrave-paartjie wat dood is ná die woonstel langs hulle berook is nie.
Volgens die provinsiale polisiewoordvoerder word die saak nog ondersoek.
In September 2022 is Nicholas en Matri Molver se liggame in hulle bed in hulle woonstel gevind. Die woonstel langs hulle is berook met ’n wit poeieragtige middel.
Volgens IOL het die maatskappy wat die beroking hanteer het nie die reëls gevolg wat hulle moes nie en is ’n middel gebruik wat hoofsaaklik in landbou gebruik word.
Bronne: IOL, VN Explorer, Article.wn
Lees ook: Durban-paar dood in bed gevind na aangrensende woonstel berook word



