Man dood toe sementpilaar op konstruksieperseel meegee

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is Woensdagmiddag op ‘n konstruksieperseel te Marburg, Port Shepstone-area, in KwaZulu-Natal dood toe ‘n sementpilaar meegegee en op hom geval het.

Mi7 National Group is net voor 14:00 na die toneel gestuur. Met aankoms op die toneel het hulle gevind ‘n sementpilaar op die tweede vloer van ‘n gebou het meegegee en op ‘n konstruksiewerker geval. Van die ander werkers kon hom onder die pilaar uithaal. Hy het nie asemhaal nie en het geen pols gehad nie. KPR is toepas.

Met aankoms van paramedici van Mi7 en KwaZulu- privaat ambulansdienste se aankoms op die toneel is die KPR oorgeneem. Verdere gevorderde lewensondersteunende intervensie is sonder sukses toegepas.

Die man het aan sy beserings gesterf. Die polisie se soek- en-reddingspan, saam met Mi7, het van ‘n hyskraansisteem gebruik gemaak om die oorledene van die perseel te verwyder.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel