Marnus Nico Brits (51) is as ‘n gesoekte persoon gesirkuleer. ‘n Lasbrief is vir sy inhegtenisneming op Akasia MAS 430/07/2022 vir die kaping van ‘n motorvoertuig uitgereik.
Mike Bolhuis van Specialised Security Services sê Brits is ‘n welbekende in kriminele kringe vir aanklagte wat wissel van diefstal, voertuigkaping, seksuele aanranding, roof, bedrog, tot onwettige handel in goud, diamante en dwelms.
Hy word as ‘n bedreiging vir die gemeenskap gesien.
Sy laaste bekende adres is in Vastfontein, Noord van Pretoria.
Hy het vorige sake teen hom:
SAPD Marikana: MAS 161/2/2022 – Bedrog
SAPD Akasia: MAS 430/7/2022 – Kaping van motorvoertuig
SAPD HERCULES: MAS 68/3/2022 – Roof
SAPD HARTBEESPOORT: MAS 237/9/2019 – Seksuele aanranding SAPD Sinoville: MAS 387/10/2017 – Dwelmverwante klagtes
Volgens Bolhuis het hy nie vir al die sake in die hof verskyn nie.
Ander sake teen hom dateer terug tot 2016.
Indien enigiemand inligting het waar Brits hom bevind, kan daar met die polisie in kontak gekom word. Alternatiewelik kan mnr. Jan Roos by 079 997 1132 of [email protected] gekontak word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



